top of page
Writer's pictureVrek lekker

Vrek Lekker Tuna Tert

Bestanddele vir deeg:

  • 1 koppie bruismeel

  • 125 g margarine

  • 1 eier


Bestanddele vir vulsel:

  • 1 ui

  • 1 tamatie

  • 2 blikkies tuna

  • 1 eetlepel mayonaise

  • 1 eetlepel blatjang

  • 2 eiers

  • 1 koppie kaas

  • 1 koppie melk


Metode:

  1. Deeg (kors):

  • Gooi die bruismeel in 'n bak en vryf die margarine in. Meng die eier by.

  1. Vulsel:

  • Sny die ui en tamatie op en braai dit in 'n pan.

  • Voeg speserye na smaak by.

  • Braai die tuna saam met die ui en tamatie.

  • Voeg die mayonaise en blatjang by en braai lekker deur.

  • Gooi die mengsel in 'n tertbak.

  1. Eiermengsel:

  • Klits die eiers, kaas en melk saam in 'n aparte bak.

  • Gooi die eiermengsel bo-oor die tuna mengsel in die tertbak.

  1. Bak:

  • Bak vir 30-40 minute tot die eiermengsel gestol is.


Mmm... Vrek lekker.






489 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page