Bestanddele:
1 liter melk
125g botter
1 teelepel vanilla essence
1 teelepel sout
3-4 eetlepels mieliemeel (Maizena)
4 eiers (geskei)
Bruinsuiker en kaneel
Metode:
• Op die stoof in ’n groot pot. Gooi 1 liter melk, 125g botter, 1
teelepel vanilla essence en 1 teelepel sout.
• Terwyl dit op stoof is gooi in ’n bakkie/koppie 3-4 opgehoopte
eetlepels mieliemeel met ’n bietjie melk en meng goed
saam. Daar moet geen klonte wees nie.
• Skei nou 4 eiers.
• Gooi die mieliemeel mengsel by die mengsel in die pot.
• Roer goed vir so 10 minute.
• Klits eierwit styf en voeg by mengsel. Mengsel moet dik
sous wees voor eierwit bygevoeg word.
• In ’n bak gooi suiker met kaneel gemeng. Plaas dan kluitjies,
gooi suiker en kaneel en herhaal tot mengsel op is.
• Maak die bak toe en wag ten minste 3-4 ure tot die sousie
vanself vorm.

コメント