Vrek lekker Hot Cross Buns
- Vrek lekker
- 1 day ago
- 1 min read
Bestanddele:
Melk en Gis Mengsel:
1½ koppie melk
1 pakkie kitsgis (10g)
½ koppie castor suiker (gebruik 2 teelepels hiervan vir die gis mengsel)
Droë Bestanddele:
4½ koppies broodmeel
Oorblywende castor suiker
2 teelepels all spice
2 teelepels kaneel
Knippie sout
Oorige Bestanddele:
1 eier, geklits
50g botter of margarien, gesmelt en afgekoel
200g chocolate chips of rosyntjies
Metode:
Verhit melk in ’n kastrol tot dit warm is, maar nie kook nie.
Giet warm melk in ’n groot mengbak. Voeg die gis en 2 teelepels van die castor suiker by. Klits tot gemeng.
Laat die mengsel staan vir ongeveer 10 minute totdat dit skuim bo vorm.
Meng intussen die broodmeel, oorblywende castor suiker, all spice, kaneel en sout in ’n ander groot bak.
Voeg die geklitste eier by die droë mengsel.
Voeg die gesmelte en afgekoelde botter by.
Giet nou die skuimende melk-gis mengsel by die meel mengsel.
Klits met ’n mengmasjien (of knie met die hand) vir ongeveer 10 minute tot die deeg glad en elasties is.
Voeg die sjokolade skyfies of rosyntjies by in die laaste 2 minute van knie.
Rol die deeg in ’n groot bal. Plaas in ’n bak wat liggies met olie gesmeer is en bedek.
Laat rys vir 1 uur of tot verdubbel in grootte.
Rol deeg in kleiner balletjies. Plaas op bakpapier in ’n pan of oondskinkbord. Laat rys weer vir 40 minute.
Bak:
Airfryer: 180°C vir 10 minute
Oond: 180°C vir 20–22 minute

Mmm... Vrek lekker!
Comments