top of page
Writer's pictureVrek lekker

Vrek Lekker Brandewyn Koek

Bestanddele: (stroop)

1 Koppie water

1 Koppie suiker

50ml Brandewyn


Metode:

Gooi water, suiker en brandewyn in 'n pot op die stoof. Roer tot kookpunt en sit eenkant om koud te word.


Verhit die oond op 180grade.


Bestanddele: (koek)

250ml meel

30ml bakpoeier

Knippie sout

250g botter/margarine

125ml suiker

1 plak donker chocolate(200g

5 eiers

30ml brandewyn


Metode:

Sif saam meel, bakpoeier en sout.

Smelt botter voeg by suiker, donker chocolate en roer goed deur.

Gooi in mengbak.

Gooi by 5 eiers. Ek gooi een vir een en klits.

Voeg by brandewyn.

Klits goed en roer by meel mengsel.

Bak vir 40-45min tot gaar.

As gaar, steek met vurk gaatjies in die koek en gooi oor die koue stroop mengsel.


Wag tot koek koud is voor julle dit geniet.


Julle kan hom versier met karamel en gesmelte chocolate oorgooi.


Mmm... Vrek lekker!






483 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page